Posts

Showing posts from June, 2017

Die Droom Boek werkswinkel

Image
Liewe Leser,
Ons eerste werkswinkel is gehou op die 27ste Mei 2017 by die Pretoria Botaniese Tuine. 
Die tema van hierdie werkswinkel het gedraai rondom die Droom Boek Gebeds Joernaal. Hierdie Droom Boek konsep vloei uit my unieke pad in my gebeds joernaal oor 17 jaar. Die Here het met my persoonlik 'n genade pad geloop. 'n Geduld pad gevul met Sy teenwoordigheid en sagte stem deurlopend. Hierdie proses en my uithou en aanhou daarmee het met die Heilige Gees se hulp, my gedra deur baie moeilike tye, wag tye en winter droĆ« woestyn seisoene. By tye het God gevra dat ek in die fisiese woestyn stap in die Midde Ooste en hier vind ek ook God se teenwoordigheid en voorsiening. Saam met die Here droom ek drome vir my lewe en Hy leer my hoe om dit in geloof met Hom te benader. 




Vir meer inligting oor die GraceLilly werkswinkels, kontak ons by ansu@ivytreestudio.co.za